Ou Kerkslawies словѣньскъ ѩзыкъ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | geen | |
Gebied: | Oos-Europa | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Suid-Slawies Suidoos-Slawies Ou Kerkslawies | |
Skrifstelsel: | Glagolitiese alfabet, Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | cu
| |
ISO 639-2: | chu
| |
ISO 639-3: | chu
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Ou Kerkslawies (словѣ́ньскъ ѩзыкъ, soms ook Oudbulgaars of Oudslawies genoem) is die oudste Slawiese skryftaal. Dit dateer uit die tweede helfte van die 9de eeu en is gebaseer op die Suid-Slawiese (Bulgaarse of Masedoniese) dialek van Thessaloniki.[1] Die Bisantynse sendelinge Cyrillus en Methodius kry erkenning daarvoor dat hulle die taal gestandaardiseer het met die vertaling van die Bybel en ander antieke Griekse tekste as deel van die kerstening van die Slawiërs.[2][3]
Dit het ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die Slawiese tale en was die grondslag van die latere Kerkslawiese tradisies, wat vandag nog in sommige Oosters-Ortodokse en Oosters-Katolieke kerke as liturgiese taal gebruik word. As oudste bekende Slawiese taal verskaf dit ook belangrike getuienis van hoe Protoslawies, die voorloper van alle Slawiese tale, gelyk het.
Twee alfabette is vir Ou Kerkslawies gebruik: die Glagolitiese alfabet, wat spesiaal daarvoor ontwerp is, en die Cyrilliese alfabet, wat eersgenoemde vervang het.